Gaan na inhoud

Wikipedia:Geselshoekie

Nuwe onderwerp
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jongste opmerking: 9 uur gelede deur JMK in onderwerp Groot dankie aan Gebruiker:BurgertB!
"Dis beter om in die Krugerwildtuin as op kantoor te wees!" 'n Witrenoster in 2003.
'n Versoek aan al die admins: help ons asseblief om vandalisme uit te roei!

Sien ook:

Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
2004+05+06 2007+08+09 2010+11
2012 2013+14+15 2016
2017 2018 2019
2020 2021+22+23 2024
2025 2026
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Skryfwedstryd 2026

[wysig bron]

Hallo. Ek probeer om fondse van WMZA te bekom vir 'n skryfkompetisie in Mei. Ons benodig nog 'n beoordelaar. Kontak my of SpesBona asseblief as jy belangstel. Dankie. Dumbassman (kontak) 14:54, 14 Maart 2026 (UTC)Beantwoord

Goeienaand Gemeenskap, ek is baie jammer, maar om tydredes moet ek as 'n beoordelaar onttrek. Moenie bekommer nie, pleks daarvan probeer ek maar die een of ander voorbladartikel skep, maar in 'n ander maand met meer tyd vir my. Groete. --  SpesBona 21:30, 15 Maart 2026 (UTC)Beantwoord
Geen probleem. Ons kort nou 2 beoordelaars. @Oesjaar, Rooiratel, Pynappel, BurgertB, Sobaka, Aliwal2012, en JMK: stel een van julle belang? Ek neem aan party van julle wil liewers deelneem. Dankie Dumbassman (kontak) 07:55, 16 Maart 2026 (UTC)Beantwoord
Dumbassman, ek sal 'n beoordelaar wees. Dis nie eintlik my scene nie, maar ek is bereid om uit te help. ~ Burgert (kontak) 15:05, 16 Maart 2026 (UTC)Beantwoord
Wonderlik, baie dankie. Ek het ook vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gevra vir 'n beoordelaar. Reken tussen ons 3 via email kan ons dit doen. Dankie Dumbassman (kontak) 16:02, 16 Maart 2026 (UTC)Beantwoord
Jammer, besig. Groete! Oesjaar (kontak) 16:12, 16 Maart 2026 (UTC)Beantwoord
Dumbassman, ek sal ook as 'n beoordelaar kan help. Weet nie of dit te laat is nie, ek was vir 10 dae op vakansie in die natuur. Groete, -- Aliwal2012 16:04, 19 Maart 2026 (UTC)Beantwoord
Wonderlik, baie dankie. Ek reken ons 3 is perfek en kan via email dit doen. Kyk gerus na Wikipedia:Skryfwedstryd_2026 en maak veranderinge. Ek het 'n vergadering volgende Woensdag om die pryse te bevestig. Dankie Dumbassman (kontak) 16:27, 19 Maart 2026 (UTC)Beantwoord
Ek is bevrees ek sal nie kan deelneem nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 00:36, 24 Maart 2026 (UTC)Beantwoord
Kan iemand help met 'n bannier op te sit vir die wedstryd? Dankie Dumbassman (kontak) 14:41, 21 April 2026 (UTC)Beantwoord
Hallo, onthou die Skryfwedstryd begin more. Hoop om baie bydraes te sien. @Naudefj, Jcwf, en Puvircho: Dumbassman (kontak) 13:33, 30 April 2026 (UTC)Beantwoord

Maandelikse besoeke en diepte

[wysig bron]

Gemeenskap, ons maandelikse besoeke vir Desember is weer 'n nuwe rekord van oor die 8 miljoen. Ek vertrou egter nie die inligting nie, want Desember is skoolvakansietyd. Ek het vir Gebruiker:Rooiratel gevra om dit met die relevante owerhede te bespreek. Hy sal vir ons terugvoer gee wanneer beskikbaar.

Die goeie nuus is dat ons diepte nou 38 is, hopenlik hou dit aan met groei. Groete! Oesjaar (kontak) 05:27, 14 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Vir die wat self wil saam volg, sien : https://phabricator.wikimedia.org/T413949
Dit is deel van 'n wyer ondersoek : https://phabricator.wikimedia.org/T412655
Ek sal dit dophou, en opvolg as dit te lank neem. - Rooiratel (kontak) 07:21, 14 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Oesjaar (kontak) 06:08, 23 Maart 2026 (UTC)Beantwoord

Hierdie is nou uit eindelik reggemaak. Groete! Oesjaar (kontak) 21:09, 27 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Grootste artikel?

[wysig bron]

Gemeenskap, is Spoornyd tussen Moorreesburg en Hopefield ons grootste artikel in terme van grepe? Tans is dit 341 545 grepe groot. Groete! Oesjaar (kontak) 10:44, 17 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Hantering van kategorieë...

[wysig bron]

Gemeenskap, wat is die beste van die twee sjablone {{CompactTOC2}} vs. {{indeks}}? Sien Cynanchum en Lys van Erica-spesies waar dit gebruik word. Wat verkies julle? Groete! Oesjaar (kontak) 10:52, 17 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

{{indeks}}. ~ Burgert (kontak) 22:45, 30 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Kan ons nuwe lesers lok met sport?

[wysig bron]

Gemeenskap, nou is beide rugby en krieket voorbladartikels en interessant genoeg ook ewe groot. Vir my is dit steeds snaaks dat ek in die sokkerland Duitsland sit en in Afrikaans oor Suid-Afrika se suksesvolste sportsoorte voorbladartikels skryf. Met elke nuwe sportartikel wat ek op ons voorblad mag plaas draai die volgende gedagtes in my kop.

Die Afrikaanse Wikipedia spog sedert jare met uitstekende artikels oor beide krieket en rugby. Voorbladartikels word vir ander tale ook aangewys met 'n geel sterretjie. Met sportvoorbladartikels probeer ek ook die een of ander Indiër se belangstelling in Afrikaans prikkel. Die Proteas en Indië het reeds in baie belangrike wedstryde mekaar ontmoet soos die T20I-wêreldbekereindstryd 2024 en die Vrouekrieketwêreldbekereindstryd 2025. Suid-Afrikaanse krieket geniet oor die algemeen baie respek in Indië. Daarom dink ek dit is 'n goeie idee om Indiërs se belangstelling in Afrikaans te probeer groei. Onthou, die tale in Noord-Indië soos Hindi is soos Afrikaans Indo-Europese tale. Dalk leer iemand in Indië Afrikaans omdat daar 'n groot belangstelling in Suid-Afrika is. Ek het krieket en rugby deur Afrikaans leer ken, miskien werk dit vir ander ook andersom. Myns insiens is dit 'n goeie idee om dit te probeer en daarmee voort te gaan. In my opinie is die voorbladartikels oor beide krieket en rugby beter as die oorspronklike Engelse artikels omdat ek die bronne konsekwent nagaan en wat ek vir die een toernooi doen, doen ek ook vir die ander. Tydens toernooie neem dit elke dag ure om dit te doen, ook al die skryfwerk en statistieke. Maar miskien is dit die moeite werd vir Afrikaans. As ons nie probeer nie, sal ons nooit weet nie. Nou wil ek graag weet wat julle dink. Moenie bekommer nie, daar volg nou nie 'n klomp nuwe nominasies nie, daar is tans nie 'n sportartikel van my kant wat ek kan benoem nie. Net hierdie gedagtes wat ek graag wil deel. Nuwe lesers vir ons Wikipedia lok. Groete. --  SpesBona 21:01, 17 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Of artikels oor sport in Indonesië. Miskien is daar mense wat belangstel in die voormalige koloniale taal, maar die grammatika te ingewikkeld vind en besluit om eerder Afrikaans te leer. Goeie begin: https://en.wikipedia.org/wiki/Indonesia_national_rugby_union_team https://en.wikipedia.org/wiki/Indonesia_national_cricket_team Maximiliaan Ronaldszoon (kontak) 21:31, 17 Mei 2026 (UTC)Beantwoord
@Maximiliaan Ronaldszoon: dan is ons outomaties ook by Maleisië, dink maar aan Kaapse Maleiers. Terloops, ek benodig jou hulp met inligtingskasse, bv. politici soos die onlangse klomp Turkse ministers. Jy doen baie goed wat dit betref. Groete. --  SpesBona 21:40, 17 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Voorbladuitleg

[wysig bron]

Goeiemiddag gemeenskap, vandag lyk beide die voorbladartikel- en beeld snaaks. Lyk my {{Omraam}} het 'n verandering ondergaan wat nie sigbaar is nie. Dit raak nou al die vorige inskrywings ook! Ek sien egter nie die fout nie. Enige raad? Groete. --  SpesBona 09:30, 21 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Die voorbladteks moet regs van die beeld begin, maar dié sjabloon maak die spasie vir die beeld wyer, waardeur die teks ondertoe geskuif word. Myns insiens sal dit die beste wees om die sjabloon te fiks pleks daarvan om al die verlede plasings (amper 20 jaar) aan te pas. Groete. --  SpesBona 12:45, 21 Mei 2026 (UTC)Beantwoord
SpesBona: Jou probleem is opgelos!  Aliwal2012 17:43, 21 Mei 2026 (UTC)Beantwoord
@Aliwal2012: jammer, nie rêrig nie, sien die lyn is nou bo die eerste paragraaf, maar nie rondom die beeld nie. Dié raam moet die beeld "omraam", dis waar sy naam vandaan kom. Ek het ook op die Duitse Wikipedia vir hulp aangeklop. Groete. --  SpesBona 18:05, 21 Mei 2026 (UTC)Beantwoord
Ons kan dit nie los soos dit is nie, dit is ons mees prominente deel! @Jcb: sien jy dalk die fout? Groete. --  SpesBona 20:50, 21 Mei 2026 (UTC)Beantwoord
Wikipedia:Voorbladartikel week 21 2026/test en Sjabloon:Omraam/test. Werk vir 200px en 250px. Ek kan breedtes byvoeg indien nodig. Jcb (kontak) 21:40, 21 Mei 2026 (UTC)Beantwoord
@Jcb: baie dankie, die raam is daar, maar die teks word onder die beeld gedruk. Die oplossing van die Duitse Wikipedia (toets maar in die voorskou tussen {{Omraam}} en {{Omraam2}}) is ook naby. Maar die beeld hang effens "in die lug". Ons is naby die oplossing. Groete. --  SpesBona 21:49, 21 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Ons kan die verskil duidelik maak:

Lyk my die verandering vanoggend deur my was naby aan die korrekte vertoning. Ek het dit weer ingestel. Jammer vir al die veranderinge, maar die respek teenoor al ons voorbladartikels vereis 'n korrekte vertoning daarvan. Groete. --  SpesBona 13:20, 22 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Dankie!  Aliwal2012 13:57, 22 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Uitnodiging: Bespreking oor voorgestelde rigting vir Wishlist

[wysig bron]

Jy word genooi om deel te neem aan 'n bespreking oor 'n voorstel oor die toekoms van die Wishlist vanuit die gemeenskap. Dit is in verband met die ontbinding van CommTech, verwante afleggings, en die daaropvolgende bespreking. Femke (kontak) 06:13, 26 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Die boek met vlerke

[wysig bron]

Dagsê almal! Ek merk op 'n nuwe artikel "Die boek met vlerke" is pas deur 'n nuweling geskep. Ek kon dit nie suksesvol skakel aan 'n ander taal nie, dit bestaan ook nie in Engels nie? (Die artikel en:Books with Wings verwys na iets anders!) Julle insae? -- Aliwal2012 08:36, 27 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Die bronne is onleesbaar. Hy kan enige onheil verkomdig via sy bronne. Ek het juis so pas 'n vraag op sy besprekingsblad gevra. Ek sê: verwyder. Groete! Oesjaar (kontak) 08:39, 27 Mei 2026 (UTC)Beantwoord
Daar is wél Spaanse bronne oor El libro con alas (“Die boek met vlerke”), en dit blyk ’n werklike eksperimentele boekformaat te wees wat deur die Argentynse skrywer Pablo Andrés Rial ontwikkel is. Die meeste verwysings kom egter uit plaaslike nuuswebwerwe, universiteitsmedia en bemarkingsartikels — nie uit gevestigde akademiese of groot hoofstroombronne nie.
Die belangrikste rooi vlae:
  • Die artikel klink baie soos ’n vertaling uit Spaans of selfs AI-gegenereerde teks.
  • Die onderwerp het baie beperkte onafhanklike dekking.
  • Verskeie bronne herhaal byna identiese formulering — tipies van persverklarings wat oorgeneem word.
  • Daar is tans geen aanduiding dat dit ’n wyd erkende literêre of redaksionele formaat geword het nie.
  • Selfs die Spaanse Wikipedia-artikel lyk nuut en swak gevestig.
Daar is egter tekens dat die projek werklik bestaan:
  • Registrasie by Argentinië se INPI word herhaaldelik genoem.
  • Die konsep word beskryf as ’n boek met vou-“vlerke” of flapbladsye wat alternatiewe leesvolgordes moontlik maak.
  • Dit word verbind met kombinatoriese literatuur soos Raymond Queneau se werk Cent Mille Milliards de Poèmes.
Beoordeling:
  • Nie noodwendig vals nie
  • Maar waarskynlik nie ensiklopedies belangrik genoeg vir ’n aparte Wikipedia-artikel op hierdie stadium nie.
  • Dit lyk meer soos ’n eksperimentele selfgepubliseerde projek wat deur media-aandag opgeblaas is.
Dus kan dit verwyder word en indien dit noemenswaardig word in die toekoms kan die skrywer weer probeer. Sobaka (kontak) 09:22, 27 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Vote now in the 2026 U4C election

[wysig bron]

Eligible voters are asked to participate in the 2026 Universal Code of Conduct Coordinating Committee election. More information–including an eligibility check, voting process information, candidate information, and a link to the vote–are available on Meta at the 2026 Election information page. The vote closes on 2 June 2026 at 00:00 UTC.

Please vote if your account is eligible. Results will be available by 14 June 2026. -- In cooperation with the U4C,

Keegan (WMF) (talk) 17:14, 27 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Ou Kaapse pad/wapad/weg

[wysig bron]

Ek het 'n ervare Kaapse kaartmaker se mening gevra oor hierdie vraag van 16 Maart, en sy antwoord is: "There are 'ou Kaapse weg' or 'pad' all over. Every town that had an old road to the Cape has an old Cape Road. They are all different." JMK (kontak) 10:07, 29 Mei 2026 (UTC)Beantwoord

Besoeke vir April en Mei.

[wysig bron]

Gemeenskap, noudat die KI probleme uitgesorteer is, is ons besoeke vir April en Mei 2.3 miljoen! Ons sê dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 09:30, 1 Junie 2026 (UTC)Beantwoord

Groot dankie aan Gebruiker:BurgertB!

[wysig bron]

Gemeenskap, so tussen al die dinge het Gebruiker:BurgertB se 200ste voorbladartikel verskyn. Dankie aan hom en sy harde werk! Nou vir 300.... Ek wens ek kon jou 'n prys of iets gee vir erkenning van jou harde werk! Groete! Oesjaar (kontak) 09:33, 1 Junie 2026 (UTC)Beantwoord

Lyk mooi. As julle nou net die politikus se bakkies vir 'n ander een verruil kners ek minder op my tande. Enige prentjie wat 'n ander aspek van die teks belig, net vir afwisseling, selfs 'n ander politikus. Ek kla nie oor politiek-artikels nie, net 'n bietjie prentjie-afwisseling maak ons voorblad ook meer interessant, net soos nuwe teks. JMK (kontak) 12:53, 1 Junie 2026 (UTC)Beantwoord