Gaan na inhoud

Guildford

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Guildford
Stad & Borough
Guildford is in Engeland
Guildford
Guildford
Koördinate: 51°14′07″N 0°34′29″W / 51.23528°N 0.57472°W / 51.23528; -0.57472
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land (VK)Vlag van Engeland Engeland
Graafskap Surrey
Bevolking
  Totaal66 773
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
  SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
GU1-4
Skakelkodes01483
Webwerfguildford.gov.uk

Guildford (Engels: [ˈɡɪlfɘ(r)d]) is die graafskaphoofstad (Engels: county town) van Surrey wat in die suide van Engeland geleë is. Volgens die 2001-sensus het die stad 'n bevolking van 66 773 gehad.

Die Guildford-kasteel

Guildford lê in 'n vallei van die Weyrivier waar die rivier deur 'n kloof in die North Downs vloei. Die stad is ongeveer 45 km van Londen af en deesdae is die suidwestelike hoek van die statistiese streek vir Greater London. Sedert die middeleeue het die hoofpad tussen Londen en Portsmouth deur hierdie kloof gegaan met die gevolg dat die stad een van Londen se verdedigingposte was en 'n kasteel is ook hier gebou.[1] Gedurende die Victoriaanse tydperk, met die bou van die Londen–Portsmouth en die Reading–Ashford, Kent-spoorweë deur die kloof het Guildford 'n groot spoorwegaansluiting geword.

Guildford was een van die Engelse gasheerstede tydens beide die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 en die Vrouerugbywêreldbeker 2010.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Muriel Hammond (1963). Castles of Britain Vol 1 England. Ian Allan.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]